Herstel met liefde

Herstel met liefde

“Die Mercedes Benz gaan in die modder vassit,” dink ek by myself. Dit is een van daardie met die ronde bakwerk van die laat sewentigs, begin tagtigs. Pastoor Moses se vrou, Lorettaken die nat paaie tussen die wingerde. Sy reik al jare uit na die mense op die plase. Hierdie Woensdagaand is my eerstekennismaking met die plaas werkers op Ongegund.

Cyril is nog op laerskool en kom van hierdie plaas. Hy word baie betrokke by die Jeug en word saam met van die anderjongmense van die plaas gedoop by Boland gemeente. Later van tyd word hy dan ook ‘n lidmaat van die gemeente. Dit is 1995, daar is groot verwagting en baie onsekerheid in die lug. Wanneer dit by jongmense kom is daar baie uitdagings enveral op die plaas waar hulle dit nie altyd breed het nie. Om dit reguit te stel, dit gaan maar rof onder die mense op die plaas en hulle het dit nie altyd so maklik nie. Daar is maar altyd of in meeste gevalle “‘n kinkel in die kabel”. Cyril neem verkeerde besluite en die gevolg is dat hy die gemeenteverlaat. Tog besoek hy nou en dan die gemeente en so behouhy kontak met Boland gemeente.

Een middag in November 2017 lui my selfoon, Cyril wil my dringend sien. Met trane in sy oë vra hy hoe maak ‘n mensweer reg met God, want hy kan nie aangaan met die lewe sooswat hy tans lewe nie. Na ‘n ses maande proeftydperk word Cyril se lidmaatskap op Sondag, 5 Augustus 2018 herstel. By sy opname as lid, bedank hy vir die mense wat hom vrooërgeken het in die gemeente, dat hulle hom met soveel liefdeterug verwelkom het.

Cyril is verloof en trou binnnekort. Hy is aktief betrokke by die samelewing van die gemeente en bestuur een van die kerkbussies. God se genade en seën is sigbaar in sy lewe. Alle eeraan ons Hemelse Vader.

Johan Hildebrandt

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *