Pastor’s desk

18 September 2018

TUSSEN DIE SINKPLATE – Teresa Jawa

In die Somer is dit soos ‘n oond en in die Winter soos ‘n yskas.  Dit is hier tussen die sinkhokkies waar ek die kind met die mussie vir die eerste keer gesien het.  Wanneer die rooi Toyota (gemeentemotor) stop en later die Kerk se kombi dan klim die kind met die mussie ook in.  “Hoe oud is jy?” vra ek eendag.  “Ses jaar oud oom!”, was die antwoord.  Deidre, by die kerk, vra die kind met die mussie in watter standerd hyis.  Die kind met die mussie antwoord:  “Tannie, ek is ‘n dogtertjie.”

Haar naam is Teresa Jawa.  Ek en haar ma gaan skryf haar by Daljosaphat Primêre Skool in op die ouderdom van 9 jaar.

So het sy voor ons opgegroei en ouer geword.  Sy het getrou, die Jeugbyeenkomste en Sondagdienste bygewoon.  Sy het die Here Jesus as Verlosser en Saligmaker aangeneem en is daarna gedoop.  Haar ma is oorlede op ‘n vroeë ouderdom waarna ‘n tannie haar en haar broer ingeneem het. Teresa het begin uitstaan as ‘n leier en is later as onderhoof dogter van Daljosaphat Primêre Skool gekies

Een Vrydag word die Jeug afgelaai.  Terwyl ons in die Kerkbussie ry, vertel Teresa die ander van haar 21ste verjaarsdag.  Ek vra haar waarom ek nie uitgenooi was nie.  In dieselfde asem noem ek dit aan haar dat sy in Graad 12 is, en nie 21 jaar oud kan wees nie.     Sy herinner my:  “Oom het my eers skool toe gevat toe ek 9 jaar oud was!”

Teresa word ‘n Klein-groep leier by die Waterval Bediening se kampe, studeer Toerisme by die Boland Kollege en word ook gekies om te help skryf aan ‘n boek wat fokus op jongmense in haar gemeenskap. Haar liefde vir die Here en getrouheid is duidelik sigbaar.  In die gemeente is sy aktief betrokke en ‘n seën vir ons almal.

Bye, bye sinkplaat hokkie, daar wag ‘n woning in die hemel vir haar.

Johan

 

4 December 2017

Daily we get bombarded to invest our money in stock, bonds, property, equity shares and pension funds and we get told it is never sufficient, we get told to invest more and more of our money. Ask yourself the question how often do people get back what they have put in? Your return is subject to inflation and strength of the country’s currency at the time, global markets, domestic stability, foreign markets and politics. A lot of people pass from this life without enjoying their investments. Don’t get me wrong, there is nothing wrong to invest your money but there is always an element of risk while corporations and businesses are here to make money.   One Thursday morning while waiting to collect Weet Bix, a truck had a slogan on it that read, “HE THAT GIVES TO THE POOR LENDS UNTO THE LORD, AND…” I thought it was just another company slogan. The next day while reading the Bible during my daily devotion, I stumbled across Proverbs 19:17. “HE THAT GIVES TO THE POOR LENDS UNTO THE LORD” I never knew it stood in the Bible.  This is the ultimate investment, guaranteed return on your investments. God’s economy is guaranteed, no outward circumstances will influence the return of your investments with Him. The best investment you can make.  Is that not cool?! Guaranteed! Why don’t you join us in this investment with God?
Pastor Johan