Te vroeg maar op die regte tyd

Toykie

Ons stop by die kampterrein buite De Doorns. Sewe van ons “young adults” woon ‘n Leierskamp by. Hulle is vroeg, dit is warm en ek wil huistoe, maar geen kamp organieseerder word gewaar nie. Daar is nog nie baie mense nie en niemand weet wie in beheer is nie. ‘n Jong man staan na ‘n tyd nader en lig ons in dat hy is een van die kamp se groep fasiliteerders. Hy vra of ek die Dominee van die gemeente in die Paarl is?

Dr Gilbert Huffman is op ‘n “Mission trip” van North Carolina. Tydens sy besoek bedien ons kinders op ‘n plaas in ‘n ou “container”. Dr Gilbert neem ‘n foto van die kinders terwyl hulle bid. Hierdie foto verskyn saam met ‘n artikel in ‘n plaaslike koerant, in North Carolina.

Cornelissen Witbooi – Toykie is nou al ‘n jong man. Hy is een van die leiers by die kamp. Die een wat nader ge staan het en my ge vra het of ek die predekant van Paarl is. Ek herken hom nie. Hy vertel dat hy is een van die kinders in Dr Gilbert se foto waar hulle saam bid. Opgewonde vertel hy dat in Gr 12 sy lewe deurmekaar was. Dwelms was ‘n groot probleem. Dit wat toe dat Toykie uitroep tot God om hom te red en te help. Sy lewe verander ten goede. Dit was Sepetember, Toykie vra of ek hom sal help om weer ‘n werk in die Paarl te kry. Hy het ‘n goeie werk, maar wil in die Paarl woon. So verhuis hy terug Paarl toe en woon in Smartietown.

In Desember van dieselfde jaar besoek hy vriende en familie in De Doorns. Oppad terug na die Paarl is Toykie as passasier in ‘n kop-aan-kop botsing. Hy is opslag dood. Cornelissen Witbooi is veilig by die Vader. Op die regte tyd het die Here hom geneem, maar vir ons was dit te vroeg.

Hildebrand

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *